Om dit meer duideliker te maak, kom ons keer vir ʼn oomblik terug na daardie vliegtuig. Jy staan op die punt van ʼn 3000 meter val- en jy moet spring. Jou hart bons in jou borskas. Hoekom? As gevolg van vrees! Jy weet dat, as gevolg van die wet van waartekrag, gaan jy sterf as jy spring. Iemand gee vir jou die oorspronklike Mona Lisa skildery aan, maar stoot dit weg. ʼn Ander persoon bied jou die sleutels van ʼn splin- ternuwe Lamborghini aan, maar jy laat dit op die vloer val. Iemand anders bied vir jou ʼn miljoen Rand aan maar jy stoot dit weg en jy taan daar vreesbevange oor jou komende einde.
Skielik hoor jy ʼn stem wat sê- “Hier is vir jou ʼn valskerm!”
Iemand anders gee vir jou die sleutels van ʼn splinternuwe Lamborghini. Jy laat val dit op die vloer. Nog iemand probeer om ʼn miljoen dollar in jou hand te druk. Jy druk die persoon se hand weg en staan verskrik en dink aan jou naderende lot.
Skielik hoor jy iemand uitroep, “Hier is ʼn valskerm!”.
Watter een van die vier mense in jou opinie boesem die meeste geloofwaardigheid in? Dit is die een wat die valskerm in die lug gehou het! Weereens was dit jou vrees vir die sprong wat jou laat draai het na die goeie nuus van die valskerm.
Op dieselfde wyse bewerkstellig die kennis van wat God se Wet aan jou sal doen ʼn vrees by jou, wat die nuus van ʼn Verlosser onbeskryfl ike goeie nuus maak! Dit bied aan jou ʼn uitweg uit jou verknorsing sover dit God se toorn aangaan. God het jou so lief dat Hy ʼn sondelose mens geword het in die persoon van Jesus van Nasaret. Die Verlosser het ʼn pynlike dood aan die kruis gesterf en al jou straf (die doodstraf) op Homself eneem. Die eise wat deur die ewige reggestel was, was bevredig die
oomblik toe Hy uitgeroep het, “Dit is volbring!”
Die toorn en verontwaardiging van God was gestil deur die bebloede liggaam aan die kruis van Golgota: “Christus het ons losgekoop van die vloek wat die wet meebring, deur in ons plek ‘n vervloekte te word.”18 Ons het die Wet verbreek, maar Hy het ʼn mens geword om ons skuld met Sy lewensbloed te betaal.
Daarna het Hy uit die dood opgestaan en so die dood oorwin. Dit beteken dat God nou elke sonde wat jy al ooit begaan het kan ergewe en dat jou doodsvonnis nou afgekoop is. Wanneer jy jou sonde bely en jou vertroue in Jesus plaas, kan jy saam met die
apostel Paulus sê:
Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.19
Jy hoef jou dus nie meer langer te kwel oor die vrees vir die dood nie, en jy hoef ook nie verder te soek na maniere om af te reken met sonde en God se toorn nie.20 Die Verlosser is God se gawe aan jou. Die evangelie is onbeskryfl ike goeie nuus vir
die hele, sondige mensdom!
God kan jou regverdig. Hy reinig jou en gee aan jou die “regverdigheid” van Christus. Hy kan jou rein van hart maak deur jou sondes weg te was. Hy kan vir jou skuiling bied van Sy toorn in die skuilplek wat Hy vir jou in die Ewige Rots voorberei het.21 Net Jesus kan jou van die dood en van die
Hel red, dit is iets wat jy nooit vanuit jouself kan verdien nie.22
